fbpx
Vryheidsfront Plus

Inwoners van Drie Riviere betaal self vir diesel om kragkabels te vervang

Die Emfuleni-plaaslike munisipaliteit se geldnood dwing inwoners om ook vir munisipale voertuie se brandstof te betaal sodat werkers noodsaaklike herstelwerk kan verrig.

Desperate inwoners van Drie Riviere in Vereeniging wat die afgelope tyd sonder elektrisiteit was, moes noodgedwonge met trokdrywers onderhandel en vir brandstof betaal sodat belangrike werk gedoen kan word soos die vervanging van gesteelde kragkabels.

Hierdie is nie die eerste keer dat kabeldiewe in die omgewing toeslaan nie. In Novermber verlede jaar is Hexstraat se kabels gesteel waarna werkers kabels tydelik bogronds gespan het.

Inwoners het ook self die straatnaambord wat gesteel is vervang en sny gereeld die Hexstraat-sirkel se gras.

Die VF Plus gaan die munisipaliteit versoek om kragkabels dieper onder die grond te lê wat dit moeiliker maak vir kabeldiewe om die kabels op te grawe en te steel.

Vir die VF Plus is dit duidelik dat die gebrek aan bestuursvermoë en onbevoegde en ongekwalifiseerde amptenare die rede is vir die drastiese agteruitgang van die Emfuleni-munisipaliteit se onderhoudstelsel.

Dit is ‘n skande dat inwoners, wat reeds vir dienste betaal wat hulle nie ontvang nie, nou verder gestraf word deur ‘n stadsraad wat ‘n begroting voorberei net om dienstegeld verder te verhoog.

Hierdie is ook weereens ‘n bewys dat plaaslike munisipaliteite slegs een dorp moet bedien. Daar is geen getuienis dat die stelsel van groter munisipaliteite sedert 2001 voordelig is nie, behalwe vir die klein elite van raadslede en amptenare wat bevoordeel word.

Die VF Plus sal nie die Emfuleni-munisipaliteit se begroting ondersteun nie.

Kontaknommer: 083 263 9590

DEEL DIT:

jongste artikels

Wil jy voortgaan in Afrikaans of Engels?

Kies hieronder.

Would you like to continue in English or Afrikaans?

Choose below.