fbpx
Vryheidsfront Plus

Hillside, Tarlton loop deur onder verwoestende brande

Die skade wat ‘n brand gister (21 Oktober) in Tarlton buite Krugersdorp aangerig het, kon verhinder gewees het indien mense versigtigheid aan die dag lê en keer dat oop vure buite beheer raak.

Veeweiding en landerye is vernietig en die gemeenskap moes inspring en help om die brand te blus wat deur sterk wind aangeblaas is.

Kleinboere wat reeds gebuk gaan onder droogtetoestande is die ergste getref. Daar is nog nie ‘n amptelike vee-verliessyfer beskikbaar nie. Watertrokke kon nie gevul word nie omdat brandende kragpale omgeval het en groot gebiede sonder elektrisiteit was.

Hoewel daar streng wetgewing geld vir die voorkoming van veldbrande, steur min hulle daaraan.

Die VF Plus doen ‘n dringende beroep op die inwoners van Mogale City om versigtig te wees om oop vure sonder toesig te laat, nie sigaretstompies by motorvensters uit te gooi nie en om aan te sluit by plaaslike gemeenskappolisiëringforums om brande sodoende onmiddellik aan te meld.

Gemeenskappe moet verantwoordelikheid vir hul eie welstand begin neem en voorsorg tref om gevaarlike situasies te verhinder. Elkeen, hoe groot of klein, kan met die regte gesindheid ‘n betekenisvolle bydrae lewer.

 

Kontaknommer: 082 806 7891

 

DEEL DIT:

jongste artikels

Wil jy voortgaan in Afrikaans of Engels?

Kies hieronder.

Would you like to continue in English or Afrikaans?

Choose below.