fbpx
Vryheidsfront Plus

Generaal Geldenhuys se afsterwe laat ‘n groot leemte

Die VF Plus neem met leedwese kennis van die afsterwe gisteraand van generaal Jannie Geldenhuys en wil graag sy innige meegevoel met die familie en geliefdes van genl. Geldenhuys betuig.

Genl. Geldenhuys was as generaal in die ou Suid-Afrikaanse weermag ‘n persoon wat respek afgedwing het nie net by gewone troepe en manskappe nie, maar ook by sy teenstanders. Dit het van hom ‘n uitsonderlike soldaat gemaak wat nie net die militêre aspek van oorlogvoering gesien het nie, maar ook die politieke- en menslike aspek daarvan.

Met sy afsterwe kan tereg gesê word ‘n biblioteek het afgebrand wat sy militêre kennis aanbetref. Hierdie kundigheid is saam met hom weggeneem. Genl. Geldenhuys het wel boeke oor oorlogvoering geskryf, en dié nalatenskap sal altyd onthou word.

Hy was veral geliefd onder sy troepe waar hy bekendheid verwerf het dat hy nie gehuiwer het om meermale onder doodsgevaar van voor te lei nie. Vandaar ook sy bynaam, die Troepe se Generaal.

Genl. Geldenhuys is op 5 Februarie 1935 op Kroonstad gebore en het in 1952 op Bethlehem gematrikuleer. In 1953 het hy as vrywilliger by die weermag aangesluit en sy opleiding ontvang by die Militêre Gimnasium in Voortrekkerhoogte, Pretoria.

Met sy aftrede in 1990 kon met reg gesê word die geliefde generaal Geldenhuys (SSA, SD, SO en SM) was hoof van een van die sterkste en mees gevreesde weermagte in Afrika, met wapens en krygsvernuf wat met die beste in die wêreld kon vergelyk.

Kontaknommers: 083 627 4397 / 065 801 7216

 

DEEL DIT:

jongste artikels

Mediaverklarings
Armand Cloete

Premier moet ingryp by Matjhabeng-waterkrisis

Die VF Plus eis dat die Vrystaatse premier, Mxolisi Dukwana, moet ingryp by die voortslepende waterkrisis in die Matjhabeng-plaaslike munisipaliteit (Allanridge, Hennenman, Odendaalsrus, Ventersburg, Virginia,

LEES MEER
Wil jy voortgaan in Afrikaans of Engels?

Kies hieronder.

Would you like to continue in English or Afrikaans?

Choose below.