Ten tyde van die Nkandla-sage het die VF Plus in die parlement voorgestel dat voormalige pres. Jacob Zuma se salaris na R1 verminder word. Dit is steeds die VF Plus se mening aangaande die parlementêre mosie vandag dat die oud-president sy volle pensioen moet ontvang.
Alhoewel die VF Plus, anders as die ANC-regering, van mening is dat Suid-Afrika se Grondwet gerespekteer moet word en so ook die kantoor van die land se president, is die voorwaarde egter dat die persoon in dié kantoor respek moet verdien.
President Jacob Zuma se optrede het nie respek verdien nie.
Indien daar een persoon in die land is wat meer as enigiemand anders onregmatig verryk is, is dit pres. Zuma. Hy het ‘n persoonlike huis ter waarde van R246 miljoen gekry waaroor die belastingbetaler betaal het.
Die ANC-regering betaal nou die prys vir wat oor die laaste tien jaar onder pres. Zuma se leierskap gebeur het, en hy gaan aanstaande jaar by die stembus ook daarvoor betaal. Maar verstommend genoeg probeer die ANC die voormalige president steeds help en beskerm.
Die ANC kan bloot net nie doen wat reg is nie. En solank hy hiermee voortgaan, sal hy die prys by die stembus betaal.
Kontaknommers: 083 626 1497 / 065 801 7216