Vryheidsfront Plus
Search
Vryheidsfront Plus

Gautrein-dienste stel teleur

Twaalf dae in die nuwejaar en probleme rondom die Gautrein se dienste stel reeds die publiek van Gauteng erg teleur.

Gautrein het vanoggend pendelaars per sms in kennis gestel dat busdienste by die Gautreinstasies nie beskikbaar gaan wees nie weens ‘n staking deur busbestuurders. Die rede vir die staking is egter volgens Gautrein nie bekend nie.

Die VF Plus se LPW in Gauteng en lid van die Paaie- en Vervoerkomitee, mnr. Philip van Staden, het in reaksie op die jongste gebeure gesê dat die Gautrein se wiele besig is om af te kom en dat hierdie staking van busbestuurders nie die eerste keer is wat dit plaasvind nie. In 2015 was pendelaars verskeie kere gestrand weens stakings van busbestuurders.

“Ek self maak daagliks van die Gautrein se dienste gebruik. Dit is uiters frustrerend om by die stasie te arriveer en dan te moet sukkel om by jou werksplek/bestemming uit te kom. Dit stel pendelaars se lewens in gevaar om vanaf die Gautrein-stasie na hul werkplekke te loop indien die busse nie beskikbaar is nie.”

Volgens Van Staden is die busdienste ‘n gerustellende vervoermiddel in veral plekke soos Johannesburg waar rowers gereeld mense op straat aanval en beroof

Die VF Plus is van mening dat die LUR van Vervoer in Gauteng, mnr. Ismail Vadi, dadelik by hierdie kwessie moet ingryp om toe te sien dat pendelaars, wat ten duurste vir die Gautrein-dienste betaal, wel die nodige dienste daagliks ontvang en dat die LUR voortydige reëlings in plek moet stel om, in die geval van stakings, onmiddellik ander alternatiewe vervoer vir pendelaars beskikbaar te stel.

 

Philip van Staden LPW Gauteng

Tel: 084 015 4722

Philip@vf.co.za / PvanStaden@gpl.gov.za

DEEL DIT:

jongste artikels

Wil jy voortgaan in Afrikaans of Engels?

Kies hieronder.

Would you like to continue in English or Afrikaans?

Choose below.