Vryheidsfront Plus
Search
Vryheidsfront Plus

Departement van binnelandse sake verkeer toenemend onder druk om sy mandaat uit te voer

(Debat in parlement: Aansuiweringsbegroting vir departement van binnelandse sake)

Die mandaat wat die departement van binnelandse sake moet vervul om die identiteit van Suid-Afrikaan se burgers te beskerm, die migrasie van mense te reguleer en die land se internasionale verpligtinge na te kom wat bewegingsregulering betref, verkeer onder enorme druk weens die internasionale en plaaslike inperkingsregulasies en reisverbod.

Hierdie mandaat bly egter sentraal staan tot binnelandse veiligheid, asook die beskerming van Suid-Afrikaanse burgers waar hulle ook al in die buiteland is.

Die feit dat die departement weens die Covid-19-inperkingsregulasies gedwing is om net met kernpersoneel te werk, het ‘n negatiewe impak op die departement se vermoë gehad om te funksioneer, veral tot nadeel van Suid-Afrikaanse burgers wat in die buiteland gestrand was sonder geldige reisdokumente.

Gedurende die inperkingstyd het die vraag na die uitreiking van ID-dokumente, tydelike ID-sertifikate, registrasie van geboortes en dood en paspoorte aan diegene wat in uitvoer en vraguitvoer betrokke is, die departement se vermoë oorskry.

Die vermindering van die departement se begroting met R562 miljoen gaan sy vermoë verder striem.

Die VF Plus is besorg oor die impak wat die kleiner begroting op die vermoë van die onafhanklike verkiesingskommissie (OVK) gaan hê om voor te berei vir tussenverkiesings en die plaaslike regeringsverkiesing in 2021.

'n E-stemstelsel word selfs oorweeg as ‘n alternatiewe wyse om die kiesstelsel se doeltreffendheid te verhoog. Die VF Plus sal die verwikkelinge dophou.

Die taak om die Verkiesingswet (nr. 78 van 1998) te wysig soos beveel deur die Grondwethof in Junie 2020, sal 'n ekstra uitdaging op die departement se begroting plaas. Die Vryheidsfront Plus sal die begroting nie steun nie.

Navrae: 082 466 3786 / 062 391 1804

DEEL DIT:

jongste artikels

Wil jy voortgaan in Afrikaans of Engels?

Kies hieronder.

Would you like to continue in English or Afrikaans?

Choose below.