fbpx
Vryheidsfront Plus

Debat in parlement: Wetsontwerp oor voordeleskema vir padongelukke ‘n vorm van onteiening sonder vergoeding

Vandag se Tweede Lesingsdebat oor die Wetsontwerp oor die Padongelukke Voordeleskema sluit aan by ‘n ander “noodlottige ongeluk” vandag in die parlement met die debat oor onteiening sonder vergoeding.

Die wetsontwerp is trouens die eerste wetgewing wat onteiening sonder vergoeding effektiewelik gaan toepas, in lyn met die ANC se Nasionale Demokratiese Revolusie wat Suid-Afrika wil verander in ‘n kommunistiese staat met totale mag in die hande van die regering.

Dit is ironies dat waar die regering wel ‘n belangrike rol moet speel, soos om dekking te bied aan slagoffers en naasbestaandes van padongelukke, hy self daarvoor verantwoordelik was dat die huidige Padongelukkefonds (POF)-stelsel op die berugte ANC-pad vol slaggate en korrupsie ontspoor het.

Nou wil die regering sy mislukking regmaak deur die POF te vervang met die Padongelukke Voordeleskema wat slagoffers hul regte sonder vergoeding gaan ontneem, en wel op die volgende wyses:

• Eerstens ontneem die skema die gemeenregtelike regte om te eis teen enige skuldige party in 'n ongeluk. Dit bied inderdaad 'n vrypas aan diegene wat roekeloos ry.

• Tweedens bied dit op 'n verraderlike en irrasionele wyse regte aan diegene wat roekeloos op paaie optree – soos 'n dronkbestuurder – weens die sogenaamde “skuldlose-beginsel” wat hulle ook die reg sal gee om te eis in 'n ongeluk wat hulle self veroorsaak het. Dit ontneem dus die reg van padgebruikers tot 'n veilige padomgewing.

• Derdens onteien dit die regte van persone in die hoër inkomstegroep om deel te neem aan die skema in teenstelling met die huidige posisie waar hulle van die POF kan eis.

• Vierdens onteien dit die reg om eie mediese sorg te kies en almal word aan 'n staatsbestuurde proses van mediese sorg onderwerp. Indien die skema slegs mediese sorg deur middel van die openbare gesondheidstelsel goedkeur, sal eisers slagoffers word van die konsentrasiekampe bekend as openbare hospitale en klinieke.

• Vyfdens word langdurige lewensversorging onteien. Die skema sluit persone bo 60 jaar uit. Dis hoe die ANC dankie sê aan die land se senior burgers.

• Laastens word die reg op regsverteenwoordiging in effek onteien en eisers word oorgelaat aan die genade van die skema se funksie en magte as regsverteenwoordiger, besluitnemer en administrateur, in duidelike konflik van rolle en belange.

‘n Verdere kernprobleem met die wetsontwerp is dat die beplande befondsing van die skema nooit na behore behandel is tydens die komitee-besprekings nie en daar is duidelik verwarring oor die kostes.

Die definisie in die wetsontwerp van jaarlikse gemiddelde nasionale inkomste strook nie met die koste-berekeninge in die memorandum nie. Verder is die feit dat twee skemas befonds moet word uit die brandstof-heffing, naamlik die bestaande POF en die nuwe skema, verskuil in die memorandum deur onduidelike taalgebruik.

Motoriste moet daarvan kennis neem dat die brandstofheffing aansienlik sal toeneem weens die geld wat nodig is vir beide fondse. Dit sal minstens twee generasies neem om die POF uit te faseer. Dit beteken dat brandstofpryse sal aanhou styg. Dit is niks anders nie as 'n ander vorm van onteiening.

Dit is duidelik dat die ANC nie meer vertrou kan word om hierdie land te regeer nie. Hierdie wetsontwerp gee padgebruikers alle rede om baie bekommerd te wees en dit sal sekerlik in die hof betwis word.

Kontaknommers: 082 391 3117 / 065 801 7216

DEEL DIT:

jongste artikels

Van die VF Plus se politieke lessenaar
Dalien Steyn

Meningspeilings en verkiesingsuitslae

Daar is die afgelope ruk byna elke week ʼn nuwe meningspeiling wat voorspel hoe politieke partye in die komende verkiesing gaan vaar.

Die jongste dag-tot-dag-meningspeiling van die Social Research Foundation (SRF) dui daarop dat die ANC nou voorloop in KwaZulu-Natal nadat hy sy groot kanonne ingestuur het om in die provinsie stemme te werf.

LEES MEER
Jongste nuus
Amanda de Lange

Lesufi faal welsynsorganisasies

Die Gautengse premier, Panyaza Lesufi en die LUR vir maatskaplike ontwikkeling, Mbali Hlope, se krisisbestuur om welsynsorganisasies wat nog nie hul diensooreenkomste ontvang het nie

LEES MEER
Wil jy voortgaan in Afrikaans of Engels?

Kies hieronder.

Would you like to continue in English or Afrikaans?

Choose below.