fbpx
Vryheidsfront Plus

Brandende staatsgebou in Johannesburg die maaksel van swak Gauteng-regering

Die VF Plus lê die oorsaak en gevolge van die brandende staatsgebou in die middestad van Johannesburg voor die deur van die ANC-regering in Gauteng.

Die onvermoë van die departement van infrastruktuur en ontwikkeling in Gauteng om staatsgeboue behoorlik te bestuur en in stand te hou, is ‘n gegewe en het waarskynlik ‘n groot rol gespeel daarin dat die Bank van Lissabon-gebou wat aan die staat behoort, nie voldoen aan die minimum bou- en brandvereistes nie.

Mnr. Jaco Mulder, VF Plus-leier vir Gauteng, wat self op die portefeulfekomite vir infrastruktuur en ontwikkeling in Gauteng gedien het (2009 en 2014), sê die departement het sedert sy ontstaan in 2009 nog nooit effektief gefunksioneer nie omdat noodsaaklike bestuursposte nie gevul is nie, en doelwitte nie behaal is nie.

Die departement word ook sedert 2009 gekenmerk deur ‘n voortdurende wisseling van politieke hoofde wat op onstabiliteit in die ANC-regering in Gauteng wys. Die VF Plus eis ‘n behoorlike ondersoek na die funksionering van die departement.

Die ANC-regering het Gauteng in vele opsigte reeds gefaal en moet in die 2019-verkiesing vervang word met ‘n veelparty-regering van opposisiepartye wat soos in die Johannesburg- en Tshwane-metrorade beter toegerus is om die provinsie te regeer.

 

Kontaknommers: 082 466 3786 / 062 391 1804

 

DEEL DIT:

jongste artikels

Wil jy voortgaan in Afrikaans of Engels?

Kies hieronder.

Would you like to continue in English or Afrikaans?

Choose below.