fbpx
Vryheidsfront Plus

Blossoms-noodwaterprojek realiseer danksy bydrae van VF Plus op Oudtshoorn

Die VF Plus het ʼn belangrike rol gespeel in die uiteindelike realisering van die Blossoms-noodprojek om water aan Oudshoorn en omliggende gebiede so ver as Calitzdorp te lewer.

Die party het gehelp om verskeie kinkels en kabels uit die weg te ruim wat onder meer dreigende hofaksies ingesluit het.

Met die projek kan byna 50l ondergrondse water per sekonde via ʼn pypleiding van ʼn plaas buite die dorp aan die gebied gelewer word.

Die belangrikheid van nood-watervoorsiening aan dié waterskaars gebied is sowat twee dekades gelede reeds geïdentifiseer en daar is begin om eksplorasieboorgate te sink.

Die plaaslike ramptoestand van 2018 het die belangrikheid van die projek beklemtoon. Dit is September dieselfde jaar finaal goedgekeur en die werk het begin.

Probleme, soos ʼn grondeienaar wat nie toestemming wou gee dat die pypleiding oor sy grond loop nie, het die projek tydelik gekniehalter.

Die VF Plus het ʼn deurslaggewende rol gespeel in die onderhandelinge hieroor en die boer het hom eindelik kontraktueel verbind tot die projek.

Die projek is vandeesmaand amptelik geopen alhoewel Eskom nog kraglyne na die waterpompe moet installeer. Toestemming hiervoor is reeds verleen en kragaanleg sal volgens onderneming eersdaags begin.

Om hierby aan te sluit het die VF Plus die bou van ʼn besproeiingsdam op die agenda van die werkskomitee van die Suid-Afrikaanse Vereniging vir Plaaslike Regerings (Salga) geplaas.

Indien so ʼn dam realiseer sal dit besproeiing moontlik maak oor ʼn gebied vanaf Oudtshoorn tot by Calitzdorp.

Die sukses van die projek sal ʼn reuse inspuiting vir die ekonomie van die hele gebied wees.

Dit sal na raming die bruto landbou-inkomste in die gebied verdubbel en die VF Plus sal aanhou werk om seker te maak dit word gedoen in die belang van alle inwoners.

DEEL DIT:

jongste artikels

Wil jy voortgaan in Afrikaans of Engels?

Kies hieronder.

Would you like to continue in English or Afrikaans?

Choose below.