fbpx
Vryheidsfront Plus
Vryheidsfront Plus

BLF se haatspraakgraffiti lynreg teen Grondwet

Die VF Plus het ‘n strafregtelike klag, sowel as ‘n klag by die Suid-Afrikaanse Menseregtekommissie (MRK) aanhangig gemaak nadat lede van die Black First Land First (BLF)-beweging naamborde en geboue geskend het deur haatspraakgraffiti daarop aan te bring, sê Michal Groenewald, leier van die VF Plus in Noordwes.

Groenewald sê BLF se kenmerkende haatspraak en rassehaatgedrewe-optrede in Ventersdorp gedurende sy Steve Biko-herdenkingsvieringe is verdelend van aard, skend goeie verhoudings tussen verskillende groepe in Suid-Afrika en druis lynreg in teen grondwetlike waardes.

“Hierdie optrede is nie net gelykstaande aan kwaadwillige saakbeskadiging nie, maar is haatspraak, omdat dit lede van ‘n spesifieke groep in Suid-Afrika teiken. Dit is ‘n blatante aanval en oorlogsverklaring teen witmense in Suid-Afrika en mag onder geen omstandighede toegelaat en ongestraf gelaat word nie.

“Ons het een van die mees gesofistikeerde grondwette in die wêreld wat elke individu van elke bevolkingsgroep in Suid-Afrika se menseregte en groepregte, soos die reg op die uitbou en bevordering van taal en kultuur, ten volle beskerm.

“Dit is die SAPD, die howe en instansies soos die MRK se plig om toe te sien dat die gees en strekking van die Grondwet toegepas en uitgebou word en daarom sal hulle teen die BLF moet optree,” sê Groenewald.

 

Kontakbesonderhede: 079 409 8342

 

DEEL DIT:

jongste artikels

Jongste nuus
Marcelle Maritz

Verklaar Warmbad tot rampgebied

Die VF Plus het vandag in ’n skrywe aan die premier van Limpopo, mnr. Stanley Mathabatha, daarop aangedring dat Warmbad en omliggende dele tot rampgebied

LEES MEER

Matlosana Wyk 17

Chandré de Bruyn JOU KANDIDAAT VIR WYK 17 11 Oktober 2023 TUSSENVERKIESING MATLOSANA WYK 17 WILKOPPIES | DORINGKRUIN Dienslewering gaan agteruit en die DA-wyksraadslid het

LEES MEER

Matlosana Wyk 16

LEE-ANN SCOTT JOU KANDIDAAT IN WYK 16 11 OKTOBER 2023 TUSSENVERKIESING WYK 16 Wilkeville | Flimieda | La Hoff Dienslewering gaan agteruit en die DA-wyksraadslid

LEES MEER
Wil jy voortgaan in Afrikaans of Engels?

Kies hieronder.

Would you like to continue in English or Afrikaans?

Choose below.