fbpx
Vryheidsfront Plus

ANC-regering moet rasgebaseerde regstellende aksie en SEB afskaf

“Die jongste syfers wat aandui dat die meerderheid woonhuise wat in voorstedelike gebiede verkoop word deur swart, bruin en Indiër mense gekoop word, moet die ANC-regering beweeg om sy ras-gedrewe beleid van regstellende aksie en swart ekonomiese bemagtiging (SEB) te skrap,” sê adv. Anton Alberts, die VF Plus se parlementêre woordvoerder vir ekonomie.

“Die regering se oogmerk om die ekonomiese speelveld gelyk te maak deur regstellende aksie en SEB toe te pas, het daartoe gelei dat die besteebare inkomste van swart, bruin en Indiër mense drasties verbeter het en teen ‘n baie vinniger tempo gegroei het as die van wit mense. Die welvaart wat hierdie rassebeleid geskep het vir hierdie groepe het terselfdertyd bygedra tot die toename in armoede onder wit mense deur die wit werkersklas toenemend uit die ekonomie te sluit.

“Die ANC-regering het nie geslaag om die speelveld gelyk te maak nie, maar om een rasgroep te verryk ten koste van minderhede. Die feit dat die grootste aanvraag na hoër inkomste behuising onder swart mense voorkom, getuig hiervan. Regstellende aksie en SEB het daarin geslaag om ‘n klein swart elite groep te skep.

“Statistiek dui ook aan dat die ekonomiese groei wat swart, bruin en Indiër mense ervaar nie beperk is tot hul inkomste nie, maar dat hierdie groepe nou ook meer bates as wit mense besit. Die regering moet besef dat indien hierdie rassebeleid nie afgeskaf word nie, nuwe ongelykhede wat hierdeur geskep word, sal toeneem. Die VF Plus doen daarom weer eens ‘n beroep op president Zuma en sy regering om regstellende aksie en SEB af te skaf en so te verseker dat veral jong wit mense nie in armoede gedwing word weens hul uitsluiting tot die ekonomie nie,” het adv. Alberts gesê.

 

 

Kontaknommer: 082 391 3117

DEEL DIT:

jongste artikels

Wil jy voortgaan in Afrikaans of Engels?

Kies hieronder.

Would you like to continue in English or Afrikaans?

Choose below.