Vryheidsfront Plus
Search
Vryheidsfront Plus

Almal in Suid-Afrika se erfenis moet gerespekteer en bewaar word

(Debat in parlement oor die transformasie van Suid-Afrika se erfenislandskap)

‘n Land is nie bloot ‘n geografiese gebied nie. Dit is ‘n gebied wat geskaaf en gevorm is deur al die mense wat dit bewoon om ‘n spesiale erfenisbetekenis vir al sy gemeenskappe te kry, net so het Suid-Afrika se geskiedenis nie begin en geëindig met apartheid nie. Die proses het honderde, selfs duisende jare gelede al begin en niemand se deelname daaraan kan ontken word nie.

Die onderwerp van sogenaamde koloniale- en apartheidstandbeelde en die behoefte om daarvan ontslae te raak is opnuut op die agenda van die regerende party en die EFF. Daar kan geen twyfel bestaan nie dat die Afrikaner se erfenis ook hierby betrek sal word nie.

Hierdie standbeeld-afbreektendens is kommerwekkend, kortsigtig en arrogant. Geskiedenis, goed of sleg, is belangrik. Die verlede moet onthou word om daaruit te leer en te bou aan ‘n beter toekoms. Die geskiedenis van volke en gemeenskappe van Suid-Afrika kan nie bloot uitgewis word of na ‘n obskure plek geskuif word omdat dit nie inpas by die politieke ideologie van sekere partye nie.

Standbeelde moet eerder bygevoeg word. Die erfenislandskap kan en moet getransformeer word deur daartoe by te voeg. Die standbeeld van generaal Louis Botha voor die parlement, wat in die visier van die ANC en EFF is, moet bly waar dit is. Saam met die borsbeeld van Nelson Mandela voor die parlement begin dit ‘n geheelbeeld van Suid-Afrika se geskiedenis skep.

Dié miskenning van ander se erfenis is nie net van toepassing op standbeelde nie, dit hou ook verband met taal en kultuurerfenis in die algemeen. Die afbreek en belediging van taal en erfenis hoort nie in ‘n land waar taal- en kultuurerfenis van gemeenskappe deur die Grondwet erken en beskerm word nie.

Navrae: 072 997 8315

 

 

DEEL DIT:

jongste artikels

Wil jy voortgaan in Afrikaans of Engels?

Kies hieronder.

Would you like to continue in English or Afrikaans?

Choose below.