fbpx
Vryheidsfront Plus
Vryheidsfront Plus

Water: Skuld is nie betalende inwoners se probleem nie

“Die departement van waterwese se dreigement om Vrystaatse munisipaliteite wat waterrrade nagenoeg R3 miljard skuld se water af te sny, is ‘n klap in die gesig van betalende inwoners,” sê Jan van Niekerk, VF Plus-leier in die Vrystaat.

Die departement dreig tans om watertoevoer na sewe Vrystaatse munisipaliteite af te sny indien hulle nie teen 8 Desember hulle waterrekening vereffen nie.

Die VF Plus sal die minister van waterwese, Nomvula Mokonyane, versoek om haar departement se beoogde waterafsnyding van agterstallige munisipaliteite te heroorweeg.

“Vuisvoos belastingbetalers in die Vrystaat swoeg reeds onder knaende watertekorte en verhoogde watertariewe as beskermingsmaatreëls in droogtegeteisterde munisipaliteite.

“Nie net is water ‘n grondwetlike reg nie, maar dit sal onregverdig wees as betalende inwoners geaffekteer word deur die wanbestuur van munisipaliteite, waterrade en waterverskaffers.

“Dit is die plig van die departement en munisipaliteite om seker te maak dat waterrekeninge vereffen word.

“Tegniese probleme soos in Mangaung, waar dispute tussen die munisipaliteit en Bloemwater bestaan, is nie die probleem van betalende inwoners nie; dit is die verantwoordelikheid van die regering om seker te maak dat skuld nie eskaleer tot die punt waar daar gedreig word met waterafsnyding nie,” sê Van Niekerk.

Agterstallige munisipaliteite in die Vrystaat se skuld aan waterrade beloop tans:

 

 

DEEL DIT:

jongste artikels

Matlosana Wyk 17

Chandré de Bruyn JOU KANDIDAAT VIR WYK 17 11 Oktober 2023 TUSSENVERKIESING MATLOSANA WYK 17 WILKOPPIES | DORINGKRUIN Dienslewering gaan agteruit en die DA-wyksraadslid het

LEES MEER

Matlosana Wyk 16

LEE-ANN SCOTT JOU KANDIDAAT IN WYK 16 11 OKTOBER 2023 TUSSENVERKIESING WYK 16 Wilkeville | Flimieda | La Hoff Dienslewering gaan agteruit en die DA-wyksraadslid

LEES MEER
Wil jy voortgaan in Afrikaans of Engels?

Kies hieronder.

Would you like to continue in English or Afrikaans?

Choose below.