fbpx
Vryheidsfront Plus

VF Plus vra publiek op paraat te wees na nog ‘n moord

"Suid-Afrikaners sal toenemend in alle opsigte elke dag paraat moet wees teen ‘n moontlike huis -of plaasaanval," sê Jaco Mulder, VF Plus-leier in Gauteng.

Mulder sê die moord Saterdagaand op die 23 jarige Rowan Heine in Roodepoort ten tyde van ‘n huisaanval het dit opnuut onderstreep.

Heine is volgens berigte deur huisrowers doodgeskiet terwyl hy besig was om die huis van sy vriendin se ma op te pas.

"Die geweldskultuur in Suid-Afrika is ‘n simptoom van ‘n mislukte staat waar wetteloosheid hoogty vier.

"Suid-Afrika benodig ‘n nuwe bedeling met ‘n waardestelsel waar die lewens van mede-Suid-Afrikaners gerespekteer word.

"Die VF Plus simpatiseer met die familie en naasbestaandes van die slagoffer," sê Mulder.

DEEL DIT:

jongste artikels

Van die VF Plus se politieke lessenaar
Dalien Steyn

Meningspeilings en verkiesingsuitslae

Daar is die afgelope ruk byna elke week ʼn nuwe meningspeiling wat voorspel hoe politieke partye in die komende verkiesing gaan vaar.

Die jongste dag-tot-dag-meningspeiling van die Social Research Foundation (SRF) dui daarop dat die ANC nou voorloop in KwaZulu-Natal nadat hy sy groot kanonne ingestuur het om in die provinsie stemme te werf.

LEES MEER
Jongste nuus
Amanda de Lange

Lesufi faal welsynsorganisasies

Die Gautengse premier, Panyaza Lesufi en die LUR vir maatskaplike ontwikkeling, Mbali Hlope, se krisisbestuur om welsynsorganisasies wat nog nie hul diensooreenkomste ontvang het nie

LEES MEER
Wil jy voortgaan in Afrikaans of Engels?

Kies hieronder.

Would you like to continue in English or Afrikaans?

Choose below.