fbpx
Vryheidsfront Plus
Vryheidsfront Plus

VF Plus vra Gautengse polisiekommissaris om verslag te lewer oor verlore bewysstukke

Die VF Plus het die Gauteng polisiekommissaris, lt.genl. Elias Mawela, gevra om verslag te lewer oor die diefstal en verlies van bewysstukke uit die 13-pakkamers by polisiekantore in dié provinsie.

Die party het die verslag aangevra na aanleiding van verskeie klagtes dat bewysstukke verkoop of gesteel word of net verdwyn uit dié pakkamers.

Sake waarvan die bewysstukke verdwyn, word selde suksesvol afgehandel wat beteken dat vermeende misdadigers skotvry daarvan afkom.

Die VF Plus is oortuig daarvan dat die ouditproses van die 13-pakkamers gebrekkig is weens die swak werksetiek van senior offisiere en stasiebevelvoerders.

Wanneer ‘n vuurwapen, wat ‘n bewysstuk in ‘n misdaad is, uit ‘n pakkamer verdwyn, is die kanse groot dat so vuurwapen weer in ‘n misdaad gebruik kan word.

Die VF Plus sal die verslag noukeurig bestudeer en self ook ‘n ondersoek uitvoer om die erns van die saak te bepaal.

Die beheer van bewysstukke is belangrik om beweerde misdadigers suksesvol te vervolg en te voorkom dat vuurwapens in die verkeerde hande beland.

DEEL DIT:

jongste artikels

Jongste nuus
Marcelle Maritz

Verklaar Warmbad tot rampgebied

Die VF Plus het vandag in ’n skrywe aan die premier van Limpopo, mnr. Stanley Mathabatha, daarop aangedring dat Warmbad en omliggende dele tot rampgebied

LEES MEER

Matlosana Wyk 17

Chandré de Bruyn JOU KANDIDAAT VIR WYK 17 11 Oktober 2023 TUSSENVERKIESING MATLOSANA WYK 17 WILKOPPIES | DORINGKRUIN Dienslewering gaan agteruit en die DA-wyksraadslid het

LEES MEER

Matlosana Wyk 16

LEE-ANN SCOTT JOU KANDIDAAT IN WYK 16 11 OKTOBER 2023 TUSSENVERKIESING WYK 16 Wilkeville | Flimieda | La Hoff Dienslewering gaan agteruit en die DA-wyksraadslid

LEES MEER
Wil jy voortgaan in Afrikaans of Engels?

Kies hieronder.

Would you like to continue in English or Afrikaans?

Choose below.