fbpx
Vryheidsfront Plus

VF Plus verwelkom hofuitspraak oor SA Express-sakeredding

"Die VF Plus verwelkom die uitspraak van die Johannesburgse Hooggeregshof dat die SA Express-lugredery, soos die SAL, ook onder sakeredding geplaas word. Die lugredery is in chaos gedompel omdat hy weens sy diep finansiële moeilikheid nie sy verpligtinge kan nakom nie," sê Wouter Wessels, VF Plus-LP en hoofwoordvoerder van openbare ondernemings.

"Dit is uiters kommerwekkend en onverantwoordelik van SA Express om teen hierdie uitspraak te wil appelleer. SA Express moet hierdie hofuitspraak aanvaar aangesien dit nodig is om verdere finansiële verliese te voorkom. Om te appelleer sal tot onnodige regskostes en ‘n verdere vermorsing van belastingbetalersgeld lei.

 

"SA Express is in die afgrond in bestuur weens swak finansiële besluite en ondeurdagte transaksies en ooreenkomste wat aangegaan is wat nie finansieel haalbaar is nie."

 

"Vlugte word links en regs gekanselleer, die lugredery funksioneer op staatsgeld en reddingsboeie en dit is nie volhoubaar nie. Sakeredding is die enigste uitweg tot voordeel van SA Express self, sy personeel, die belastingbetaler en passasiers.

"Dit is hoogtyd dat staatsbeheerde entiteite, soos SA Express, besef dat wetgewing nie bloot ‘n riglyn is nie en dat hulle ook aan die bepalings van die Maatskappyewet moet voldoen," sê Wessels.

DEEL DIT:

jongste artikels

Wil jy voortgaan in Afrikaans of Engels?

Kies hieronder.

Would you like to continue in English or Afrikaans?

Choose below.