fbpx
Vryheidsfront Plus

Sisulu se miljard rand-borgskap aan buitelandse sokkerspan ‘n skreiende skande

Die feit dat die minister van toerisme, Lindiwe Sisulu, dit enigsins oorweeg om bykans ‘n miljard rand se belastinggeld op ‘n borgskap aan ‘n buitelandse sokkerspan te bestee, wys opnuut in hoe ‘n groot mate die ANC-regering tred met die werklikheid verloor het.

Dit het aan die lig gekom dat die toerisme-ministerie en SA Toerisme tans só ‘n borgskap met die Engelse sokkerspan, Tottenham Hotspur, beding. Die VF Plus sal ‘n klag hieroor by die openbare beskermer (OB) indien.

Onder die beste omstandighede sou so ‘n uitgawe op wanbesteding neerkom. In die toestand waarin die land nou verkeer, is dit byna misdadig.

Dit sal absoluut geen waarde tot die land of die bevolking toevoeg nie en skep bloot ‘n verleentheid vir Suid-Afrika.

Sulke fondse behoort eerder gebruik te word om die skade wat deur die Covid-19-regulasies aan klein tot medium toerisme-ondernemings aangerig is, te verlig.

Hierdie siniese optrede deur die minister bevestig ook die VF Plus se standpunt dat die ministerie van toerisme oorbodig is en dat sy toegekende begroting reeds as verspilde uitgawes gesien kan word.

Onder Sisulu se leiding het die ministerie selfs ‘n nuwe laagtepunt bereik.

Suid-Afrika verdien beter as die ANC.

DEEL DIT:

jongste artikels

Wil jy voortgaan in Afrikaans of Engels?

Kies hieronder.

Would you like to continue in English or Afrikaans?

Choose below.