fbpx
Vryheidsfront Plus

SA Weermag help om ‘n ramp in Emfuleni af te weer

Die VF Plus sal  deel vorm van ‘n  komitee wat gaan toesien dat die geld wat die nasionale tesourie bewillig het om die 46 stukkende pompstasies van die Emfuleni-raad (Evaton, Sebokeng, Vaal Oewer, Vanderbijlpark, Vereeniging) te herstel en opruimingswerk te doen, oordeelkundig spandeer word.

Die SA Nasionale Weermag se sogenaamde genie-korps, die weermag se ingeneursformasie, tesame met rolspelers van die Gauteng-provinsie en Emfuleni-munisipaliteit sal deel uitmaak van die reddingaksie.  Die aksie is so omvangryk dat dit maande of selfs ’n jaar sal duur om die infrastruktuur in so ’n mate te herstel en die besoedeling in die Vaalrivier op te ruim.

Tito Mboweni, minister van finansies, het die wiel aan die rol gesit waarna R200 miljoen vir die projek bewillig is. Hy het ook in sy mini-begroting daarna verwys.

Gedurende ’n vergadering Donderdag met  betrokke rolspelers is besluit om plaaslike inwoners in diens te neem en op te lei wat  gaan help met basiese instandhouding. Hulle sal ook omsien na die projek wanneer die weermag se taak afgehandel is.

Daar is ook ’n beroep op die privaat sektor en organisasies gedoen om tot die projek by te dra.

Die VF Plus het ’n beroep op alle rolspelers gedoen om saam te werk om die enorme probleem in die Vaalrivier op te los.

"Dit is skrikwekkend dat die hulp van die weermag ingeroep moes word. Hierdie is ’n voorbeeld van die ANC-regering wat nie die mas kan opkom om dorpe suksesvol te bestuur nie, sê Gerda Senekal, VF Plus-raadslid in die Emfuleni-plaaslike munisipaliteit

"Die ineenstorting van die infrastruktuur en daarmee saam ’n bankrot munisipaliteit het ’n dreigende humanitêre krisis laat ontstaan. Die VF Plus sal alles in sy vermoë doen om te sorg dat die fondse wat aan hierdie projek toegeken is, verantwoordelik bestee word.

"Die tyd is hier om terug te slaan teen swak dienslewering en vir die VF Plus te stem wat vooruitgang nastreef. Dit is nou of nooit," sê Senekal.

DEEL DIT:

jongste artikels

Van die VF Plus se politieke lessenaar
Dalien Steyn

Meningspeilings en verkiesingsuitslae

Daar is die afgelope ruk byna elke week ʼn nuwe meningspeiling wat voorspel hoe politieke partye in die komende verkiesing gaan vaar.

Die jongste dag-tot-dag-meningspeiling van die Social Research Foundation (SRF) dui daarop dat die ANC nou voorloop in KwaZulu-Natal nadat hy sy groot kanonne ingestuur het om in die provinsie stemme te werf.

LEES MEER
Jongste nuus
Amanda de Lange

Lesufi faal welsynsorganisasies

Die Gautengse premier, Panyaza Lesufi en die LUR vir maatskaplike ontwikkeling, Mbali Hlope, se krisisbestuur om welsynsorganisasies wat nog nie hul diensooreenkomste ontvang het nie

LEES MEER
Wil jy voortgaan in Afrikaans of Engels?

Kies hieronder.

Would you like to continue in English or Afrikaans?

Choose below.