fbpx
Vryheidsfront Plus
Vryheidsfront Plus

Ramaphosa herrangskik die stoele op Titanic terwyl die Eskom-skip sink

Die president se leë woorde oor Suid-Afrika se kragprobleme is soos om stoele op die Titanic te herrangskik terwyl die Eskom-skip besig is om te sink.

Die president sê wel Eskom gaan ontbondel, maar nie geprivatiseer word nie. Dit beteken die staat gaan Eskom steeds beheer met geen werklike vooruitsig van verbetering nie..

"Dit is duidelik dat die president bang is vir vakbonde en dat hy nie bereid is om mense by Eskom te laat aflê nie. Eskom en sy vakbonde hou tans die regering en die hele Suid-Afrika gyselaar, want hulle weet as hulle ondergaan, gaan die hele Suid-Afrika onder," sê Pieter Groenewald, VF Plus-leier.

"Eskom het tans meer as 48 000 werknemers, en dan sê die regering steeds hulle moet kundigheid oorsee gaan soek om sy probleme op te los. Die regering erken dus hy het onder sy 48 000 werknemers nie die nodige kundigheid daarvoor nie.

"Suid-Afrika sien nou deur Eskom hoe hoog die prys is wat deur Regstellende Aksie (RA) tesame met staatskaping betaal word. Eskom was voorheen ‘n winsgewende entiteit wat nou feitlik vernietig is.

"Die VF Plus sê Eskom moet geprivatiseer word, en kundige mense met kwalifikasies moet op meriete aangestel word. Pres. Ramaphosa sal ook streng en daadwerklik moet optree om van nuttelose werkers en ampsdraers ontslae te raak," sê Groenewald.

DEEL DIT:

jongste artikels

Matlosana Wyk 17

Chandré de Bruyn JOU KANDIDAAT VIR WYK 17 11 Oktober 2023 TUSSENVERKIESING MATLOSANA WYK 17 WILKOPPIES | DORINGKRUIN Dienslewering gaan agteruit en die DA-wyksraadslid het

LEES MEER

Matlosana Wyk 16

LEE-ANN SCOTT JOU KANDIDAAT IN WYK 16 11 OKTOBER 2023 TUSSENVERKIESING WYK 16 Wilkeville | Flimieda | La Hoff Dienslewering gaan agteruit en die DA-wyksraadslid

LEES MEER
Wil jy voortgaan in Afrikaans of Engels?

Kies hieronder.

Would you like to continue in English or Afrikaans?

Choose below.