Vir eens stem die VF Plus saam met ‘n voorstel van 'n ANC-LP dat kiesers in aanstaande jaar se algemene verkiesing die 'regte ding' moet doen deur nie te stem vir mense wat'“verkeerde dinge doen nie," sê Wouter Wessels, VF Plus-LP
Wessels het tydens 'n parlementêre debat Woensdag oor die Mediumtermyn-
"Het Ace Magashule die regte ding gedoen toe hy toegelaat het dat geld van die mense van die Vrystaat gesteel is en vir die Guptas gegee is om ‘n troue by Sun City te finansier? Het die voormalige premier van Noordwes die regte ding gedoen toe hy geld van dié provinsie se gesondheidsdepartement gevat en aan ‘n Gupta-gedrewe ambulansdiens en klinieke gegee het wat geen diens aan die mense lewer nie?
"Dit is waansinnig om te dink dat rykdom geskep kan word deur bloot rykdom te verdeel"
"Is dit die regte ding om kontrakteur-ontwikkelingsprogramme te hê wat net die kinders van premiers help en nie klein sake-ondernemings soos dit veronderstel is om te doen nie?
"Die premier van die Vrystaat, me. Sisi Nombela, se kinders is ‘n voorbeeld hiervan. Selfs haar woonadres is die adres van die geregistreerde onderneming wat voordeel trek uit hierdie ontwikkelingsprogram. Dit is enkele voorbeelde van verkeerde dinge wat die ANC doen.
"Die verkeerde beleidsbesluite van die ANC het Suid-Afrika se ekonomie in ‘n doodloopstraat laat beland. Om die verkeerde ding herhaaldelik oor te doen kan net as waansin beskryf word. Tog volhard die ANC met beleid wat duidelik skadelik en verkeerd is.
"Dit is waansinnig om te dink dat rykdom geskep kan word deur bloot rykdom te verdeel. Dit is onmoontlik. Tog volhard die ANC daarmee.
"Deur 60 persent van die begroting te gee aan onderwys en gesondheid is nie verkeerd nie, maar wat is die doel daarvan om geld te gee aan ‘n onderwys- en gesondheidstelsel wat in duie stort? Dan word dit net vermors.
"Nog ‘n voorbeeld van die waansin is die herhaaldelike en onvolhoubare pogings om staatsbeheerde ondernemings van ondergang te red. Daar word volhard met ‘n salaris-besteding wat 40 persent van die nasionale begroting uitmaak en 50 persent op provinsiale vlak.
"Terwyl hierdie vergrype jaar na jaar herhaal word sal Suid-Afrika al hoe nader aan die fiskale afgrond beweeg. Kiesers moet inderdaad doen wat die ANC vra deur in 2019 terug te slaan, te gaan stem en nie hul stem aan ‘n party te gee wat die verkeerde dinge doen nie," het Wessels gesê.