Vryheidsfront Plus
Search
Vryheidsfront Plus

Neil de Beer se afsterwe laat groot leemte

Dit is met hartseer dat ek die VF Plus se opregte simpatie en meelewing wil getuig met die familie, vriende en geliefdes van Neil de Beer wat vanoggend oorlede is.

Neil, die leier van die United Independent Movement (UIM) het as baken van lig en hoop die politieke situasie in Suid-Afrika verwoord soos wat baie mense in die land dit daagliks ervaar en daaroor gevoel het.

Hy het daarin geslaag om hul frustrasie en ervaring met wat verkeerd is en reggemaak behoort te word, goed te verstaan en met die publiek gedeel.

Ons wat Neil geken het, sal hom onthou as ‘n kollega wat ten nouste met ons saamgewerk het en wat altyd die beste belang van Suid-Afrika en al sy mense voorop gestel het.

Ons dink aan en sy naasbestaandes en bid hulle krag en sterkte toe in hierdie moeilike tyd.

DEEL DIT:

jongste artikels

Wil jy voortgaan in Afrikaans of Engels?

Kies hieronder.

Would you like to continue in English or Afrikaans?

Choose below.