fbpx
Vryheidsfront Plus

Nala-munisipaliteit (Bothaville, Wesselsbron) skuld R4 miljard aan krediteure

Die Nala-plaaslike munisipaliteit (Bothaville, Wesselsbron) skuld sy krediteure nagenoeg R4 miljard.

Daarbenewens het die Provinsiale Tesourie bevind dat die munisipaliteit se begroting vir die komende finansiële jaar onbefonds is. Die begroting is dus onrealisties en strydig met wetlike bepalings soos in die Munisipale Finansiële Bestuurswet (MFMA) vervat.

Die invorderingskoers van die munisipaliteit se debiteure is ontoereikend teen 55% om die begroting met voldoende inkomste te rugsteun en daar is glad nie voorsiening gemaak vir gebeurlikheidsplanne om die krediteureboek van R4 miljard af te betaal nie.

Nala verkeer in ‘n ongekende geldnood met reuse uitstaande skuld aan Eskom. Dit is daarom nie verbasend dat die munisipaliteit glad nie meer kontantreserwes het om die begrotingstekort aan te vul nie.

Eskom drieg gereeld om die elektrisiteitstoevoer na die dorpe wat deur Nala bedien word af te sny en gevolglik word daar gereeld afbetalingsooreenkomste aangegaan wat die kontantreserwes en billike aandeel wat van die nasionale regering ontvang word, uitput.

Die salarisrekening van die munisipaliteit beslaan 35% van die bedryfsuitgawes teen R139 miljoen vir die 2018/19 finansiële jaar en steeds word daar nie voldoende dienste deur munisipale amptenary gelewer nie. Boonop word daar nie behoorlik voorsiening gemaak vir waardevermindering of oninbare skuld nie.

Nala-munisipaliteit is op ‘n afdraende pad. Die munisipaliteit word in die grond in bestuur deur die ANC-regering wat nie eers die wetlike riglyne vir finansiële bestuur behoorlik en akkuraat kan volg nie.

Die VF Plus kan nie ‘n begroting van sulke skreiende swak gehalte en verkeerde prioriteite steun nie en aanvaar dit onder geen omstandighede nie.

 

Kontaknommers: 082 770 6201 / 072 997 8315

DEEL DIT:

jongste artikels

Wil jy voortgaan in Afrikaans of Engels?

Kies hieronder.

Would you like to continue in English or Afrikaans?

Choose below.