fbpx
Vryheidsfront Plus

Lindley-damwal herstel na druk van VF Plus

Volgehoue druk van die VF Plus op die Nketoana-plaaslike munisipaliteit oor ‘n gekraakte damwal, het daartoe gelei dat die wal in Lindley nou herstel gaan word. Die munisipaliteit het reeds met herstelwerk begin.

Die wal, ‘n struktuur van beton en klip, het lank gelede ‘n kraak ontwikkel weens swak munisipale bestuur en instandhouding.

In ‘n brief aan die munisipale bestuurder, MM Manzi, is die munisipaliteit versoek om die damwal as ‘n saak van erns te herstel. Die VF Plus was veral besorgd oor moontlike watertekorte wat op die dorp kan ontstaan.

Die VF Plus het in hierdie geval suksesvol teruggeslaan teen die swak munisipale bestuur van die ANC. Nketoana se inwoners verdien ‘n munisipaliteit wat sy grondwetlike mandaat nakom en verseker dat inwoners die diens kry wat hulle verdien.

Herstelwerk aan die damwal sal deurlopend gemoniteer word en ander diensleweringskwessies sal ook onder die munisipaliteit se aandag gebring word.

Die tyd het aangebreek dat kiesers op 8 Mei stem vir ‘n party wat terugslaan teen die ANC se gebrek aan politieke wil om inwoners se belange eerste te stel. Die VF Plus wil hoop bring in gemeenskappe waar die ANC misluk.

Kontaknommer: 082 493 6389

 

 

DEEL DIT:

jongste artikels

Wil jy voortgaan in Afrikaans of Engels?

Kies hieronder.

Would you like to continue in English or Afrikaans?

Choose below.