fbpx
Vryheidsfront Plus

Konsep film en publikasie-wysigingsregulasies is gevaarlik en ongrondwetlik

"Die konsep film- en publikasie-wysigingsregulasies oor digitale mediaplatforms is ongrondwetlik en maak inbraak op Suid-Afrikaners se reg tot vryheid van spraak en uitdrukking," sê Wouter Wessels, VF Plus-LP en hoofwoordvoerder van kommunikasie.

"Die regulasies se toepassing is wyd en verrykend en gee breë diskresionêre magte aan die Film- en Publikasieraad oor wat op internetplatforms geplaas mag word. Die voorgestelde wysigings is vaag, onprakties en oop vir misbruik waar die regering spraak kan beheer.

 

"Die regulasies is uit voeling met die internasionale benadering tot die regulering van inhoud op internet en globale platforms."

 

"Die Film- en Publikasieraad-wysigingswet (wat as die internetsensuurwet bekendstaan) op grond waarvan hierdie regulasies uitgereik word, het nog nie in werking getree nie.

"Hierdie regulasies is dus voortydig. Dit is uiters gevaarlik en gee magte aan die minister wat nie in 'n gesonde demokrasie hoort nie.

"Die regulasies kan deur enige toekomstige regerende party misbruik word en ondermyn spraakvryheid. Die ANC-regering se beplande oorregulering van die internet en ander publikasies laat die gevaarligte flikker.

"Dit dui op die regering se minagting van die Grondwet. Die vooraf-goedkeuring van omtrent alle videomateriaal wat die konsepregulasies in die vooruitsig stel, is ondeurdag en onuitvoerbaar," sê Wessels.

 

Suid-Afrikaners het tot 17 September die geleentheid om beswaar aan te teken teen hierdie konsepregulasies. Die VF Plus sal alles in sy vermoë doen om dié ondeurdagte sensuur te keer en op te staan vir almal se grondwetlike reg tot vryheid van spraak.

DEEL DIT:

jongste artikels

Wil jy voortgaan in Afrikaans of Engels?

Kies hieronder.

Would you like to continue in English or Afrikaans?

Choose below.