fbpx
Vryheidsfront Plus

Hoërskool Stilfontein: VF Plus dien strafregtelike klag in teen ANC, EFF

Die VF Plus het strafregtelike klagte teen die ANC en die EFF ingedien oor dié partye se oortreding van die Skolewet gedurende die afgelope week se protesoptrede by die Hoërskool Stilfontein in Noordwes.

Artikel 33A van die Skolewet bepaal dat geen politieke bedrywighede gedurende skoolure op skoolgronde mag plaasvind nie.

Oproeriges het skoolaktiwiteite Maandag en Dinsdag onderbreek deur onder meer skooleiendom te beskadig en op die skoolterrein te betoog. Daar was verskeie betogers met ANC- en EFF-kleredrag en dit word daarom as ‘n politieke byeenkoms in skooltyd geag.

"Die ANC en EFF bedryf onverantwoordelike politiek deur voorvalle soos dié by die Hoërskool Stilfontein uit te buit om goedkoop politieke punte aan te teken en verontagsaam daardeur ook die etiese kode van die OVK.

"Partye moet die onderwysdepartement die geleentheid gun om sy ondersoek af te handel alvorens onverantwoordelike en opruiende uitsprake gemaak word wat onderrig belemmer en die veiligheid van leerlinge en personeel in die gedrang bring," sê Michal Groenewald, VF plus-leier in Noordwes.

DEEL DIT:

jongste artikels

Wil jy voortgaan in Afrikaans of Engels?

Kies hieronder.

Would you like to continue in English or Afrikaans?

Choose below.