Verlede jaar het die VF Plus die departement van openbare ondernemings vergelyk met ‘n verrottende karkas wat deur ‘n skool piranhas vleis van been gestroop word.
"Staatskapers het voorheen straffeloos opgetree sonder dat hulle eens veel moeite gedoen het om hul handewerk weg te steek nie. Nou hardloop hulle vir die heuwels. Daarvoor verdien die nuwe minister van openbare ondernemings, Pravin Gorhan, erkenning," het Anton Alberts, VF Plus parlementëre woorvdvoerder vir openbare ondernemings Dinsdag gesê.
Alberts het tydens die begrotingsdebat van dié departement gesê die VF Plus moet egter verdere voorbeelde van staatskaping en ander probleme onder die minister se aandag bring vir optrede.
"Dit gaan oor Transnet en Eskom en pensioenarisse wat geraak word deur die twee entiteite.
"Die VF Plus sal aan die minister 'n verslag gee oor watter verdere stappe gedoen kan word. Intussen het die party die verslag aan die korrupsie-afdeling van die Valke voorgelê.
"Die VF Plus wil die minister ook vriendelik versoek om die skikking van die hofsaak van Transnet-pensioenarisse teen Transnet en die regering te bespoedig. Die minister moet kennis neem van die volgende twee faktore:
"Dit beteken dat indien die saak nie geskik word nie en die staat verloor, sal dit 'n domino-effek van ineenstortings van kredietgraderings in alle staatsentiteite, insluitende die staat self, tot gevolg hê.
"Die VF Plus vra die minister daarom om dringend op te tree om pensioenarisse se belange te beskerm teenoor Eskom en Transnet," het Alberts gesê.