fbpx
Vryheidsfront Plus

Gauteng-regering moet nou oop kaarte speel oor Emfuleni-krisis

Die skielike bedanking van Emfuleni se burgemeester, Jacob Khawe, skaars sewe maande nadat die ANC hom as burgemeester aangestel het, dui op diepliggende probleme in dié munisipaliteit.

Die VF Plus dring daarop aan dat die Gautengse regering, en in besonder die premier, David Makhura, asook die LUR vir plaaslike regering, Uhuru Moiloa, oop kaarte speel met die belastingbetalers van Gauteng en Emfuleni oor wat die ware omvang van die munisipaliteit se finansiële krisis is.

Die VF Plus het Makhura reeds op 12 April vanjaar versoek om by die Emfuleni-krisis in te gryp, aangesien dit besig was om hand uit te ruk.

"Emfuleni was tóé reeds in algehele wanorde gedompel weens agterstallige rekeninge wat die munisipaliteit nie kon betaal nie. Die VF Plus het op 4 Mei vanjaar met die LUR  oor die krisis gesprekke gevoer," sê Philip van Staden, VF Plus Wetgewerlid in Gauteng.

"Die VF Plus verwelkom dit dat die munisipaliteit onder semi-administrasie geplaas word onder Artikel 139(5)(a) van die nasionale Grondwet, maar vra dat dit korrek hanteer moet word en dat die premier en LUR eerskomende Woensdag bekend moet maak hoe die herstelplan vir Emfuleni daar gaan uitsien.

"Die herstelplan moet verseker dat die munisipaliteit sy plig gaan nakom om basiese dienste aan inwoners te lewer en om Eskom en Rand Water te betaal vir hul dienste.

"Die VF Plus spreek die hoop uit dat mnr Khawe se bedanking wel gaan oor die proses waarin Emfuleni hom tans bevind en dat die ANC in Gauteng dit nie gebruik as 'n interne politieke speelbal om te verhoed dat Khawe moet staan as kandidaat vir die ANC se provinsiale sekretaris posisie later vanjaar tydens die ANC se Gauteng-kongres nie.

"Indien dit die ANC se plan is om wel hierdie situasie te gebruik as 'n interne politieke speelbal, sal dit dien as bewys hoe laag die ANC alreeds gedaal het om te doen wat hy moet doen om aan mag vas te klou," sê Van Staden.

DEEL DIT:

jongste artikels

Wil jy voortgaan in Afrikaans of Engels?

Kies hieronder.

Would you like to continue in English or Afrikaans?

Choose below.