fbpx
Vryheidsfront Plus

Donker Feestyd wag vir Emfuleni – Senekal

‘n Donker feestyd kan op inwoners in die Emfuleni-munisipale gebied (Evaton, Sebokeng, Vaal Oewer, Vanderbijlpark en Vereeniging) wag indien die raad nie spoedig aan vereistes van nasionale tesourie voldoen ten einde die subsidie te ontvang wat aan die munisipaliteit toegewys is nie.

Gerda Senekal, VF Plus-raadslid in Emfuleni, sê die totale ineenstorting van die munisipaliteit onder die ANC-leierskap is betreurenswaardig en die aanstelling van ‘n waarnemende munisipale bestuurder en burgemeester het niks gehelp om die dorp van bankrotskap te red nie.

“Intussen kan Randwater, Eskom, kontrakteurs en munisipale salarisse nie betaal word nie. Selfs die informele sektor sal moet wag vir hulle geld.

“Die VF Plus het in die verlede herhaaldelik gewaarsku dat indien daar nie ‘n totale omkeer in finansiële bestuur plaasvind nie, bankrotskap die munisipaliteit in die gesig sal staar.

“Die situasie is uiters plofbaar en ontwrig dienslewering wat lei tot opstande, vandalisme en totale wanorde,” sê Senekal.

DEEL DIT:

jongste artikels

Wil jy voortgaan in Afrikaans of Engels?

Kies hieronder.

Would you like to continue in English or Afrikaans?

Choose below.