fbpx
Vryheidsfront Plus

Die monster wat Afrikaans wil vernietig

"Die Gautengse LUR vir onderwys, Panyaza Lesufi, is niks anders nie as ‘n monster wat daarop uit is om Afrikaans as taal, en Afrikaanse skole in Gauteng totaal en al te vernietig," sê Philip van Staden, VF Plus-LPW in Gauteng

"Nieteenstaande die uitsprake van die Hooggeregshof in die Hoërskool Overvaal-saak in Januarie vanjaar, en die Grondwethof se uitspraak op 26 Julie waar Lesufi die sake verloor het omdat hy oorvol skole wou dwing om Engelse leerders in te neem, is hy nou weer besig met nuwe bose planne om van Afrikaans in skole en Afrikaanse enkelmedium-skole ontslae te raak," sê hy.

Die LUR het nuwe regulasies gepubliseer vir die toelating van leerlinge in skole. Indien die Gautengse wetgewer hierdie nuwe regulasies aanvaar, sal dit groot veranderinge aan die huidige beleid meebring.

Volgens Lesufi sal die nuwe regulasies behels dat geen skool onregverdig sal kan diskrimineer op grond van onder meer van ras, taal, etnisiteit, oorsprong, kultuur, ouderdom en geloof nie.

"Lesufi se nuwe regulasies is niks anders as ‘n heksejag teen Afrikaanse leerders en skole nie. Hy sal uit sy pad uit gaan om sy nuwe mag as ANC-ondervoorsitter in Gauteng te gebruik om sy politieke agenda op vredeliewende, nie-rassige, nie-haatdraende, hardwerkende skole af te dwing.

"Afrikaanse kinders het die grondwetlike reg om in hul eie moedertaal onderrig te word. Artikel 29 van die Grondwet is baie duidelik daaroor. Die LUR is magsbehep en sy nuwe amp in die ANC het hom skoon magsdronk gemaak. Hy sal nie skroom om die oënskynlike haat wat hy teen Afrikaans en Afrikaanse skole dra, uit te druk in wetgewing nie.

"Die VF Plus meen dat Lesufi nou hardvogtig is omdat hy bloedneus in die howe gery het en die party doen ‘n beroep op Afrikaanse skole en ouers om hul voorleggings, ingevolge die voorgestelde nuwe regulasies, binne die volgende sewe dae te stuur aan:PvanStaden@gpl.gov.za of na help@vfplus.org.za

"Lesufi het net 30 dae beskikbaar gestel vir voorstelle. Die VF Plus sal voorstelle en insette wat binne die volgende week aan die VF Plus gestuur word, aan die LUR voor die verstryking van die 30 dae oorhandig," sê Van Staden.

DEEL DIT:

jongste artikels

Wil jy voortgaan in Afrikaans of Engels?

Kies hieronder.

Would you like to continue in English or Afrikaans?

Choose below.