fbpx
Vryheidsfront Plus

Brief vandag in Beeld: Waar’s verontwaardiging nou?

Verlede jaar groet die dames van die NWU-Puk-kampus hul koshuis met danschoreografie.

’n Deel van die danschoreografie is dat hulle hul arms na die koshuis uitsteek. Dit ontplof as Nazisme in Beeld. In gesprekke met die verskrikte dames blyk dit dat hulle nie vir ’n oomblik Hitler of Nazisme probeer naboots het nie en naïewelik verbaas is oor die reaksie.

Die Puk-koshuisgroet loop uit op ’n voorbladberig in Beeld, ’n binnebladsy vol foto’s en berigte, ’n hoofartikel, diepte-artikels en eindig met die minister wat intree en die Wessels-kommissie van ondersoek wat deur die universiteit ingestel word.

Die studenteraadsvoorsitter van Wits sê hy is lief vir Hitler en bewonder hom.

Dit is nie onbewustelike naïwiteit soos by die Puk-dames nie.

Hy voer sy standpunt deur na Duitse motors te verwys en hoe Hitler Duitsland gered het (Beeld, 29 April 2015).

Beeld het ’n enkele berig daaroor op bl. 16, net voor Sake.

Is daar fout met my as ek ’n soortgelyke reaksie as op die NWU-Puk-dames verwag het? Gaan die minister nog reageer? Waarom word die twee gevalle verskillend hanteer? Waarom geld een stel reëls vir die Wits-studente en ’n ander stel vir die NWU-Puk-studente?

 

DEEL DIT:

jongste artikels

Wil jy voortgaan in Afrikaans of Engels?

Kies hieronder.

Would you like to continue in English or Afrikaans?

Choose below.