fbpx
Vryheidsfront Plus
Vryheidsfront Plus

Bekendstelling van VF Plus-manifes 2021: Die verval kan gestop word

Die VF Plus se manifes vir die plaaslike regeringsverkiesing op 1 November is ‘n boodskap van hoop. ‘n Boodskap dat dit wel moontlik is om die verval van plaaslike regering in Suid-Afrika te stuit en te stuur in ‘n rigting wat tot voordeel van almal in Suid-Afrika sal wees.

Dit word duidelik uitgespel in die VF Plus se Tienpuntplan wat die kern van sy Manifes-2021 vorm. (Die volledige manifes word hierby aangeheg.)

Die verval van dorpe en stede is duidelik sigbaar. Inwoners word oorbelas en ontvang nie waarde vir geld nie.

Hierdie verval belemmer ekonomiese groei en werkskepping. Geen sakeonderneming kan floreer terwyl daar gebrekkige infrastruktuur en dienslewering is nie.

Die ANC het bewys dat hy nie kan regeer nie. Dit is ook bewys dat waar ‘n politieke party alleen regeer en te veel mag het, dit tot magsmisbruik, politiekery, korrupsie en verkeerde prioriteite lei.

Die oorsake van korrupsie, wanbestuur, beurtkrag en -water, besoedeling en swak dienslewering, kan voor die deur van die ANC se beleidsrigting geplaas word.

Die VF Plus staan op teen hierdie beleid en bied hoop vir ‘n beter toekoms met gelyke geleenthede vir almal.

Die party se span parlementslede, provinsiale wetgewerlede, munisipale raadslede, personeel, aktiviste en vrywilligers het bewys dat hulle die gemeenskap dien, effektiewe opposisie bied, probleme oplos en kan regeer daar waar die VF Plus tans deel van veelpartyregerings is.

Die VF Plus se 2021-Manifes verduidelik die konkrete oplossings wat die party se beleid bied wat dienslewering en munisipale bestuur sal verbeter.

Vandag se Manifes 2021-bekendstelling het hibried plaasgevind met lede regoor die land wat ook via 'n virtuele platform ingeskakel het. Dit is ook regstreeks op sosiale media uitgesaai.

DEEL DIT:

jongste artikels

Matlosana Wyk 17

Chandré de Bruyn JOU KANDIDAAT VIR WYK 17 11 Oktober 2023 TUSSENVERKIESING MATLOSANA WYK 17 WILKOPPIES | DORINGKRUIN Dienslewering gaan agteruit en die DA-wyksraadslid het

LEES MEER

Matlosana Wyk 16

LEE-ANN SCOTT JOU KANDIDAAT IN WYK 16 11 OKTOBER 2023 TUSSENVERKIESING WYK 16 Wilkeville | Flimieda | La Hoff Dienslewering gaan agteruit en die DA-wyksraadslid

LEES MEER
Wil jy voortgaan in Afrikaans of Engels?

Kies hieronder.

Would you like to continue in English or Afrikaans?

Choose below.