Vryheidsfront Plus
Search
Vryheidsfront Plus

Bekamping van kragdiefstal in Midvaal lei tot geweld

Inwoners van Midvaal en motoriste staal hulself teen protesaksie op die R59 nadat die Midvaal-munisipaliteit begin het met die ontkoppeling van onwettige elektrisiteitverbindings.

Die VF Plus verwelkom die optrede van die munisipaliteit omdat hierdie diefstal ‘n verlies van miljoene rande aan inkomste meebring.

"Die diefstal van elektrisiteit dra by tot allerhande buitensporige tariefverhogings ten einde die munisipaliteit se hoofbron van inkomste te stabiliseer. Uiteraard is dit die gereelde en getroue belastingbetalers wat as gevolg hiervan die spit afbyt," sê Kobus Hoffman, VF Plus-onderleier in Gauteng en raadslid in die Sedibeng-distriksmunisipaliteit

"Dit is uiters kommerwekkend dat die staat en wetsgehoorsame burgers letterlik finansieel gyselaar gehou word deur die kriminele elemente in ons midde. Dit is betreurenswaardig dat sommige Suid-Afrikaners ‘n mentaliteit van “julle skuld ons” ontwikkel het en hulle uiteindelik tot openbare geweld en misdaad wend indien hulle nie hul sin kry nie.

"Die VF Plus sal aanhou druk plaas op die Midvaal-munisipaliteit totdat hierdie diefstal van elektrisiteit heeltemal geëlimineer is," sê Hoffman.

DEEL DIT:

jongste artikels

Wil jy voortgaan in Afrikaans of Engels?

Kies hieronder.

Would you like to continue in English or Afrikaans?

Choose below.