Vryheidsfront Plus
Search
Vryheidsfront Plus

ANC-regering dobbel met Suid-Afrika se kosbare natuurlike hulpbronne

Suid-Afrika se natuurlike hulpbronne word midde-in ‘n erge droogte daagliks skaarser en daar kan nie langer weggeskram word van die realiteit van klimaatsverandering nie

“Daarbenewens rig besoedeling reuse skade aan terwyl die departement van omgewingsake en sy Groen Skerpioene dit nie noemenswaardig bestry nie,” het Wouter Wessels, VF Plus parlementêre woordvoerder vir omgewingsake gesê.

Wessels het tydens die begrotingsdebat van dié departement daarop gewys dat rou riool  by vele munisipaliteite in damme en riviere beland en skaars drinkwater sodoende besoedelword.

“’n Voorbeeld is by Delmas waar rou riool die Bronkhorstspruitdam besoedel weens infrastruktuur wat nie in stand gehou word nie en in duie stort.

 “Net so by die Wilgerivier wat in die Vaaldam uitloop. Miljoene mense in die grootste deel van Gauteng word so benadeel. Klagte wat by die departement en die Groen Skerpioene hieroor ingedien is, het geen resultaat opgelewer nie.

“Mynbou en eksplorasiebedrywighede is ook kommerwekkend rakende die land se skaars hulpbronne. Daar was onlangse gevalle waar eksplorasieregte deur die departement toegeken is en waar howe dit later omgekeer het.

“Dit is ‘n vermorsing van geld op onnodige hofsake aangesien dit duidelik was dat die bedrywighede ondergrondse water sou besoedel en ‘n negatiewe effek op landbou sou hê.

“Dit sou die minister (me. Edna Molewa) loon om ‘n besoek aan Texas te bring om eerstehands die tragiese gevolge van hidrobreking te aanskou en die barre landskap wat dit meegebring het.

“Die departement moet dringend reggeruk word en die regering moet die waarde van die omgewing besef en Suid-Afrika se kosbare hulpbronne bewaar voordat daar niks meer oor is om te red nie,” het Wessels gesê.

 

 

DEEL DIT:

jongste artikels

Wil jy voortgaan in Afrikaans of Engels?

Kies hieronder.

Would you like to continue in English or Afrikaans?

Choose below.