fbpx
Vryheidsfront Plus

Aandag moet dringend gegee word aan geweldsmisdade by skole

"Die VF Plus het gister in die Gautengse wetgewer aangedring op ‘n ondersoek na die veiligheid van leerders en gevra dat die kwessie op die agenda van die onderwyskomitee se kwartaalverslag geplaas word," sê Anton Alberts, VF Plus-nasionale voorsitter en LPW in Gautengse wetgewer.

"Die versoek volg na die skietdood van ‘n 12-jarige meisie buite die Izibuko Primary School in Katlehong, Johannesburg.

"‘n Man en vrou het Woensdagmiddag hul kind wat teruggekeer het van ‘n uitstappie by die skool gaan haal. Onbekende mans in ‘n voertuig het by die skool verbygery en op die man en vrou begin skiet. Die man is in die proses doodgeskiet en die meisie is gewond. Sy het kort daarna in ‘n hospitaal gesterf.

"’n Paar weke gelede het ontvoerders vir Amy’Leigh de Jager (6) voor ‘n laerskool uit haar ma se arms gegryp en weggejaag. Sy is later ongedeerd teruggevind. 

 

"Die VF Plus het ‘n pleidooi aan Gautengse departemente van onderwys en gemeenskapsveiligheid gerig om te sorg dat skole in die provinsie beveilig word. Die SAPD moet ook betrek word. Leerders se veiligheid binne en buite die skoolterrein is van uiterse belang."

 

"Die VF Plus het verlede jaar ook ‘n privaatlede-wetsontwerp by die parlement ingedien om optogte by skole te verbied," sê Alberts.

DEEL DIT:

jongste artikels

Wil jy voortgaan in Afrikaans of Engels?

Kies hieronder.

Would you like to continue in English or Afrikaans?

Choose below.