Die Emfuleni-plaaslike munisipaliteit se buitensporige tariefverhogings, kragonderbrekings, beurtkrag, rioolstortings en klagtes wat nie aangespreek word nie, het nog 'n plaaslike onderneming gedwing om sy deure te sluit.
Sowat 169 personeellede gaan in die proses deur ‘n ingenieursonderneming afgelê word. Hulle sal deel vorm van die 62% werkloses in Emfuleni (Evaton, Sebokeng, Vaal Oewer, Vanderbijlpark, Vereeniging).
Die VF Plus het teen die 2022/23-begroting gestem waarin ‘n kragverhoging van 8,6% goedgekeur is. ‘n Laer tarief is voorgestel, maar die ANC-regering het daarteen gestem.
Die spesifieke onderneming betaal R100 000 per maand meer vir dienste met die tariefverhogings vir water, krag, grondbelasting en sanitasie.
Intussen moet die eienaars alles in hul vermoë doen om die krag aan te hou ten tyde van beurtkrag en kabeldiefstal, en toe hul krag verkeerdelik afgesny is.
Hierdie geval is een van vele waar ondernemings moes sluit of na naburige provinsies of streke verhuis het.
Die VF Plus sal aanhou veg vir die regte van inwoners en ondernemings in Emfuleni.
Die inwoners van Emfuleni verdien beter as ‘n ANC-regering.


