Die Mogale City-plaaslike munisipaliteit het ‘n wyse besluit geneem om kontanttransaksies by die lisensiekantore van Krugersdorp af te skaf.
Die lisensiekantoor, wat aan die buitewyke van die dorp geleë is, het oor die jare ‘n teiken vir gewapende rowers geword. In Desember verlede jaar het 15 gewapende rowers die kantore binnegestorm, amptenare aangehou, die kluis oopgebreek en met ‘n onbekende bedrag kontant op die vlug geslaan.
Die besluit om kontanttransaksies af te skaf, is nie net veiliger vir amptenare nie, maar ook vir die publiek wat daagliks in groot getalle die kantore besoek.
Die VF Plus hoop dié besluit word ook uitgebrei na ander departemente wat groot bedrae geld hanteer.
Kontaknommer: 082 806 7891


