Vryheidsfront Plus
Search
Vryheidsfront Plus

Matjhabeng se OG-verslag bewys ANC se leë beloftes

Die ouditeur-generaal (OG) se verslag oor die Matjhabeng-plaaslike munisipaliteit se finansiële state vir die 2021/2022-boekjaar, het bloot bevestig dat die ANC nie daartoe in staat is om die munisipaliteit te regeer nie.

Die munisipaliteit onder leiding van die ANC-burgemeester, mnr. David Khalipha, bedien Allanridge, Hennenman, Odendaalsrus, Ventersburg, Virginia en Welkom en het ‘n tekort van R1 miljard vir die betrokke boekjaar gehad.

Sy laste oorskry die bates met R8,4 miljard. Die munisipaliteit is in effek bankrot en dit kan gesien word in die kwaliteit van dienslewering wat inwoners ontvang.

Ten spyte van Khalipha se beloftes van beter finansiële bestuur, het die munisipaliteit R307 miljoen se onreëlmatige uitgawes aangegaan.

Benewens R323 miljoen se waterverlies, hoofsaaklik weens vervalle waterinfrastruktuur, skuld die munisipaliteit ook R4,8 miljard en R4,7 miljard aan onderskeidelik Bloemwater en Eskom.

Inwoners van hierdie munisipaliteit gaan onder ‘n geweldige diensleweringskrisis gebuk, waarvan watervoorsiening die grootste probleem is.

Inwoners van Riebeeckstad naby Welkom sit al vir die afgelope vier weke sonder ‘n druppel water in hul krane. Inwoners van Ventersburg is al vyf weke sonder water terwyl sowat 56% van die water wat Matjhabeng aankoop verlore gaan.

Daar moet ‘n daadwerklike finansiële omkeerstrategie in Matjhabeng in werking gestel word en die ANC is nie daartoe in staat nie.

Die mense van Matjhabeng verdien beter as die ANC se leë beloftes.

DEEL DIT:

jongste artikels

Wil jy voortgaan in Afrikaans of Engels?

Kies hieronder.

Would you like to continue in English or Afrikaans?

Choose below.