Vryheidsfront Plus
Search
Vryheidsfront Plus
Zelona van der Merwe, VF Plus candidate

Zelona van der Merwe

Province: North West
Municipality: JB Marks

Wards: 11

Zelona van der Merwe aan Hoërskool Gimnasium gematrikuleer en ’n BA-graad in Sport- en Rekreasiekunde aan die voormalige PU vir CHO verwerf. Haar loopbaan strek oor bemarking, kliëntediens, werwing, bestuur, skakelwerk en geleentheidsbeplanning. Sy is ’n dienende VF Plus raadslid en is welbekend vir gemeenskapsbetrokkenheid en maatskaplike projekte. Zelona werk doelgerig onder druk, kommunikeer uitstekend en bou sterk netwerke met warmte en selfvertroue. Sy is die VF Plus se kandidaat vir raadslid in wyk 11 van JB Marks.

“Ek glo ’n raadslid moet sigbaar, bereikbaar en verantwoordbaar wees. My ervaring in bemarking, kliëntediens en gemeenskapsverhoudinge het my geleer om goed te luister, mense bymekaar te bring en probleme doelgerig op te volg. In wyk 11 wil ek inwoners, plaaslike ondernemings, skole, kerke en gemeenskapsorganisasies saam laat werk vir ’n skoner, veiliger en beter bestuurde omgewing. Dienslewering moet gemeet en openlik teruggerapporteer word. Ons mense verdien eerlike kommunikasie, vinniger reaksie op probleme en praktiese oplossings wat vertroue in JB Marks stap vir stap herstel en resultate lewer.”

- Zelona van der Merwe

ELECTION IN

Days
Hours
Minutes
Seconds
Watch this space for the results of the recent election.

SPECIAL VOTES

Wil jy voortgaan in Afrikaans of Engels?

Kies hieronder.

Would you like to continue in English or Afrikaans?

Choose below.