Vryheidsfront Plus
Search
Vryheidsfront Plus
Wilma Venter, VF Plus candidate

Wilma Venter

Province: Mpumalanga
Municipality: Lekwa

Wards: 1-3, 10-11

Wilma, gebore en getoë in Standerton, is sedert 2017 aktief betrokke by haar gemeenskap.

In 2021 het sy by die VF Plus aangesluit en is as wyksraadslid van Wyk 10 verkies.

Sy fokus op dienslewering, infrastruktuur en ’n skoner, veiliger omgewing.

Wilma het projekte soos die vervanging van die Coligny rioollyn en die Kieser reservoir help dryf.

Sy is bekend vir haar toeganklikheid, volharding en direkte betrokkenheid by munisipale probleme, terwyl sy ook gemeenskaps en skoonmaakprojekte ondersteun.

“Ek is nie net ’n raadslid nie – ek is ’n ma en inwoner wat saam met my gemeenskap die gevolge van swak dienslewering dra.

Ek weier dat riool, watertekorte en vervalle infrastruktuur die standaard vir ons kinders word.

Ek kan nie elke probleem oplos nie, maar ek kan eerlikheid, lojaliteit en volharding belowe.

Vir my gaan leierskap oor luister, verstaan en aanhou veg vir die standaard wat ons inwoners verdien.”

- Wilma Venter

ELECTION IN

Days
Hours
Minutes
Seconds
Watch this space for the results of the recent election.

SPECIAL VOTES

Wil jy voortgaan in Afrikaans of Engels?

Kies hieronder.

Would you like to continue in English or Afrikaans?

Choose below.