Willie Liebenberg is al 15 jaar aktief betrokke by gemeenskapsprojekte in Mosselbaai, veral in sy tuisdorp Grootbrakrivier. Hy was stigtersvoorsitter van die Hersham Buurtwag en is ook betrokke by die gemeenskapspolisiëringsforum. In 2014 het hy die Grootbrak Sportakademie begin en is hy later as Mosselbaai se Gemeenskapsbouer en Sport-gemeenskapsbouer van die Eden-distrik aangewys. Willie dien tans as VF Plus-raadslid en fokus op verantwoordelike bestuur, dienslewering en volhoubare ontwikkeling.