Vryheidsfront Plus
Search
Vryheidsfront Plus
Stella Potgieter, VF Plus candidate

Stella Potgieter

Province: North West
Municipality: Kgetlengrivier

Wards: 5, 7

Johanna Christiena “Stella” Potgieter is ’n gemeenskapsleier, proporsionele VF Plus-raadslid en kandidaat vir wyk 5/7 in Kgetlengrivier. Sy is in Koster gebore en het in 1998 aan Hoërskool Pietersburg gematrikuleer. Stella dien in die Koster GPF-buurtwag en is betrokke by projekte vir veiligheid, omgewingsorg en gemeenskapsontwikkeling. Sy organiseer die Neon Stappie vir Bybels, is ambassadeur vir World Cleanup Day en dien as saakgelastigde by haar kerk. Haar fokus is toeganklike dienslewering, verantwoordbaarheid, openbare deelname en praktiese samewerking wat veiliger, skoner gemeenskappe en ’n beter toekoms vir kinders en gesinne bevorder.

“Ek glo gemeenskappe verander wanneer inwoners nie net aangehoor word nie, maar aktief deel word van die oplossing. My betrokkenheid by buurtveiligheid, skoonmaakaksies, kerkwerk en gemeenskapsprojekte het my gewys wat samewerking kan bereik. Kgetlengrivier se dienslewering moet nader aan Koster, Swartruggens, Derby en omliggende gebiede bestuur word, met duidelike verantwoordelikheid en weeklikse terugvoer oor water, riool, krag, vullis en klagtes. Die ontwikkelingplan en prestasieplan moet ’n openbare kontrak met inwoners word. Ek wil help bou aan ’n veiliger, skoner munisipaliteit waar vordering sigbaar is en deelname vir almal betekenisvol word.”

- Stella Potgieter

ELECTION IN

Days
Hours
Minutes
Seconds
Watch this space for the results of the recent election.

SPECIAL VOTES

Wil jy voortgaan in Afrikaans of Engels?

Kies hieronder.

Would you like to continue in English or Afrikaans?

Choose below.