Pieter Jacobs is in Alabama, Klerksdorp gebore en het sy skoolloopbaan daar voltooi. Hy het by die Suid-Afrikaanse Poskantoor gewerk voordat hy ’n Baccalaureus Theologiae aan die Universiteit van Wes-Kaapland en ’n Baccalaureus Divinitatis aan Stellenbosch verwerf het. Pieter was van 2003 tot 2017 predikant en het tien jaar as SAPD-kapelaan gedien. Sy gemeenskapswerk sluit buurtwagte, die Gemeenskapspolisiëringsforum, ouetehuise, sentrums vir persone met gestremdhede en ontwikkelingsprogramme in. Hy bring geloof, deernis, dissipline, kalmte en ’n diep verbintenis tot waardige diens en verantwoordelike leierskap vir alle inwoners van Matlosana.