Ek staan vir respek, eerlikheid, betroubaarheid en samewerking. Ek glo ’n sterker gemeenskap word gebou wanneer inwoners, besighede en organisasies bereid is om hande te vat en verantwoordelikheid te neem. Ek wil ’n persoon wees wat luister, betrokke is en bereid is om ’n hand by te sit wanneer daar probleme is. Vir my gaan gemeenskapsdiens nie oor ’n titel nie, maar oor omgee, diensbaarheid en om iets positiefs terug te gee aan die gemeenskap waarvan ek deel is.