Vryheidsfront Plus
Search
Vryheidsfront Plus
Nico Nel, VF Plus candidate

Nico Nel

Province: Western Cape
Municipality: Langeberg

Wards: 9-10

Nico Nel is ’n jarelange inwoner van Ashton, waar hy reeds 30 jaar woon en aktief by die gemeenskap betrokke is. Hy het uitgebreide ervaring in plaaslike regering, onder meer as stadsklerk van Ashton, munisipale bestuurder van Langeberg en munisipale bestuurder van Swellendam. Sedert 2014 is hy ’n sakeman, finansiële beplanner en eksterne eksaminator in risikobestuur. Nico dien tans as VF Plus-takvoorsitter in Ashton en is lid van die Wynland-dagbestuur. Hy verteenwoordig die VF Plus sedert 2014 as raadslid op die Kaapse Wynland-distriksmunisipaliteit.

“Ek wil my kennis en ervaring van munisipale bestuur tot diens van die inwoners van Wyk 9 stel. My fokus is op goeie bestuur, aanspreeklikheid en deurlopende kommunikasie met die gemeenskap. Inwoners moet kan staatmaak op betroubare en bekostigbare dienslewering, behoorlike infrastruktuur en munisipale rekeninge wat akkuraat is. Ek wil ook aandag gee aan water- en elektrisiteitsvoorsiening, vullisstorting, padinstandhouding en effektiewe stadsbeplanning. Kundige mense moet volgens meriete aangestel word, terwyl onnodige uitgawes en korrupsie aangespreek word. Ons inwoners verdien ’n veilige gemeenskap en ’n munisipaliteit wat verantwoordbaar optree.”

- Nico Nel

ELECTION IN

Days
Hours
Minutes
Seconds
Watch this space for the results of the recent election.

SPECIAL VOTES

Wil jy voortgaan in Afrikaans of Engels?

Kies hieronder.

Would you like to continue in English or Afrikaans?

Choose below.