Vryheidsfront Plus
Search
Vryheidsfront Plus
Neil Swanepoel, VF Plus candidate

Neil Swanepoel

Province: Western Cape
Municipality: Langeberg

Wards: 5

Neil Swanepoel woon reeds 26 jaar in McGregor en het 30 jaar by ’n munisipaliteit gewerk, onder meer as behuisingsinspekteur, voorman van werke en superintendent in ingenieursdienste. Hy was 15 jaar lank voorsitter van die McGregor Primêre Skool se skoolbeheerliggaam en het ook as voorsitter van die kliniekkomitee gedien. Neil is tans voorsitter van die McGregor-gemeenskapspolisiëringsforum. Sy jarelange ervaring in munisipale en gemeenskapsake gee hom ’n sterk begrip van plaaslike behoeftes.

Ek staan vir verantwoordelike, eerlike en deursigtige verteenwoordiging en wil fokus op tasbare verbetering in Wyk 5. My prioriteite is die herstel van paaie, jeugprogramme, samewerking tussen die munisipaliteit en kleinboere, en eenheid in ons gemeenskap. Ek glo inwoners se bekommernisse moet ernstig opgeneem word en dat ons deur samewerking ’n sterker, veiliger en meer vooruitstrewende McGregor kan bou.

- Neil Swanepoel

ELECTION IN

Days
Hours
Minutes
Seconds
Watch this space for the results of the recent election.

SPECIAL VOTES

Wil jy voortgaan in Afrikaans of Engels?

Kies hieronder.

Would you like to continue in English or Afrikaans?

Choose below.