Vryheidsfront Plus
Search
Vryheidsfront Plus
Madeleine Pitout, VF Plus candidate

Madeleine Pitout

Province: North West
Municipality: Ditsobotla

Wards: 3, 16, 19

Hester Maria “Madeleine” Pitout is ’n inwoner van Lichtenburg ‘n VF Plus kandidaat. Sy het in 1992 aan Hoërskool Grenswag gematrikuleer en daarna haar opleiding aan die Suid-Afrikaanse Polisiekollege voltooi. Madeleine het 21 jaar in die SAPD gedien en was met haar uittrede in 2024 bevelvoerder van die Kinderbeskermingseenheid in Wolmaransstad. Vandag besit sy ’n naaldwerkwinkel, ondersteun fondsinsamelingsprojekte en tree as motiveringspreker op. Haar Christelike waardes, hulpvaardigheid en diensgerigtheid maak haar by uitstek geskik om die gemeenskap as raadslid te dien.

Veilige gemeenskappe verg meer as reaksie nadat skade reeds gedoen is. My ervaring in die SAPD, kinderbeskerming, opleiding en projekbestuur het my geleer dat voorkoming, samewerking en deeglike opvolg lewens verander. Ditsobotla moet ’n formele veiligheidsforum skep waarin SAPD, GPF-strukture, buurtwagte, skole, maatskaplike dienste en wyksverteenwoordigers inligting verantwoordelik deel. Straatligte, verlate geboue, kabeldiefstal en gevaarlike openbare ruimtes moet volgens ’n risikoregister aangepak word. Ek wil veral kinders, vroue, bejaardes en ander kwesbare inwoners se veiligheid en waardigheid beskerm, terwyl elke aangemelde probleem tot ’n bewese uitkoms opgevolg word in Ditsobotla.

- Madeleine Pitout

ELECTION IN

Days
Hours
Minutes
Seconds
Watch this space for the results of the recent election.

SPECIAL VOTES

Wil jy voortgaan in Afrikaans of Engels?

Kies hieronder.

Would you like to continue in English or Afrikaans?

Choose below.