Lelanie Morris is ’n jarelange inwoner van die KOSH-gebied, VF Plus-raadslid en kandidaat vir wyk 17 in Matlosana. Sy beskik oor meer as drie dekades se ervaring as regssekretaresse, met deeglike kennis van administrasie, invordering, litigasie, kontrakte en munisipale heffings. Lelanie dien sedert April 2025 op Matlosana se finansiële en korporatiewe komitees. Sy is voorsitter van die KOSH VF Plus tak en betrokke by diensleweringsklagtes en gemeenskapsgroepe. Sy het ook bedienings- en fotografiekwalifikasies en ontvang tans opleiding in neuroberading en lewensafrigting om mense deur trauma te ondersteun met empatie .