David Johan Matthysen beter bekend as Omie, het sy skoolloopbaan in Garies voltooi. Daarna het hy weermagopleiding ontvang en toe vir ongeveer tien jaar by Vioolsdrift geboer. Hy het vervolgens vir ses jaar in die toerismebedryf gewerk en toe na Garies teruggekeer. As boer en inwoner is sy hele lewe in Kamiesberg. Omie is ’n Godvresende mens en sy geloof speel ’n belangrike rol in sy lewe. Hy is lojaal, eerlik en behandel ander soos hy self behandel wil word.