Heinz dien die afgelope vyf jaar as VF Plus-raadslid in die Mkhondo-munisipaliteit.
Hy is sedert 2003 ’n toegewyde partylid en beskik oor ’n NQF-vlak 6-sertifikaat in Munisipale Finansiële Bestuur.
Sy besondere sterk punt lê in die hantering van munisipale kwessies op makrovlak – finansiële bestuur, beleid, openbare deelname en die identifisering van sistemiese oorsake van diensleweringsprobleme.
Hy is veeltalig, tegnologies vaardig en aktief betrokke in sy gemeenskap.
Sy fokus is verantwoordbare bestuur, sterker openbare deelname en volhoubare oplossings wat verder strek as individuele klagtes.