Johannes Jakobus Lourens is ’n VF Plus raadslid met ervaring in plaaslike regering, omgewingsbestuur, finansiële oorsig en gemeenskapsleierskap. Hy het ’n BSc in Omgewingswetenskappe met Geografie en Geologie aan die Noordwes-Universiteit voltooi. Hy dien op die Omgewingsportefeuljekomitee en MPAC, waar hy stry vir die beter bestuur van watergehalte, afvalwater, stormwater, vaste afval, finansies en munisipale prestasie. Sy praktiese ervaring sluit grondwatermonitering, tegniese dienste, bemarking en elektriese werk in. Johannes is ’n doelgerigte probleemoplosser wat tegniese kennis met verantwoordbaarheid, openbare diens en sterk menseverhoudings verbind in belang van alle JB Marks-inwoners.